top of page

Our Team

Leesvaardigheid in die moderne tyd is amper so belangrik as om te  eet.  Daarsonder kan jy nie behoorlik geld verdien nie.  Daarom het ek met my uittrede uit die onderwys in 2019, besef dat  ek nooit by my begeerte om ‘n leesprogram te ontwikkel uitgekom het nie.
My wye ervaring en kennis van die leesproses oor 38 jaar, het my genoop om iets na  te laat vir die jonger geslag om vir hulle ‘n geleentheid te gee om te leer lees met begrip.
Ek wil deur die program konsentreer op die verbetering van perseptuele waarneming en die in-oefening van visuele vaardighede.  Dit is die grondslag van lees. Gelyklopend met die voorafgaande word woordeskat deur geheue-oefening en die oefeninge van kognitiewevaardigheid (begrip) verbeter.  
Bogenoemde word deur ouditiewe en visuele oefeninge gelyktydig met ouditiewe en leesvaardighede ontwikkel.  
My wens is dat ons kinders en onderwysers by hierdie program baat sal vind.

BE THE FIRST TO KNOW

Sign up to our newsletter to stay informed

Thanks for submitting!

CONTACT US

Our Program Is Nationwide

Phone: +27824946392

               +27823348083

  • Facebook

© 2024 FAST TRACK All Rights Reserved.

bottom of page